NewsNews

“Ordentlikheid kos niks” sê Potchefstromer wat vroue met papwiel help

"Dit was nie veronderstel om aandag te trek nie. Dit was net 'n 'random act of kindness' "

“Dit was nie veronderstel om aandag te trek nie. Dit was net ‘n ‘random act of kindness’ ”

Dit is hoe Brandon Viljoen by navraag reageer het oor hoekom hy Saterdag (8 Desember) gestop het om drie vroue wat op die Parysbrug langs die pad gestaan het te help.

Volgens Viljoen was hy en sy meisie,  Leandri Liebenberg, op pad na die jaarlikse Madeira blommefees wat in Parys gehou word. Hulle het die vroue langs die pad gesien staan.

“Ek het ‘n pragtige meisie met ‘n baie goeie hart. Ons het gesien die dames sukkel. Toe besluit ons om af te trek en te help om die band te ruil,” het hy gesê.

Met Suid Afrika se misdaadsyfers wat dit tans is, is daar min mense wat sou stilhou om ander te help. Maar volgens Viljoen ,wat in Ventersdorp groot geword het, maar nou in Potchefstroom woon,  kos ordentlikheid niks nie.

“Ek is maar skrikkerig vir die tipe goed. Meeste van die krediet moet aan my meisie gaan,” het hy gesê.

Viljoen het in Ventersdorp groot geword maar woon tans in Potchefstroom.

Volgens Lorato Thobedi is daar nie woorde om te beskryf hoe dankbaar sy is omdat Viljoen haar en haar vriendinne gehelp het nie.

“Ons maak die fout om alle mense onder dieselfde kam te skeer. God moet vir Brandon en sy meisie ryklik seën. Ek wens hulle regtig alles van die beste toe,” het Thobedi gesê.

Brandon Viljoen en sy meisie Leandri Liebenberg.

 

https://potchefstroomherald.co.za/56105/goeie-samaritaan-help-vroue-om-papwiel-te-ruil/

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button