NewsNews

Moeg vir die soektog na Kerspresente – hier’s die antwoord

Moeg vir die soektog na Kerspresente - hier’s die antwoord

As jy voetseer, uitasem, en glad nie lus is vir die winkelsentrum-marteltog op soek na daardie iets anders vir iemand spesiaal nie – dan is hierdie mark jou antwoord vir pure Kersinkopie-plesier.
Geen vertrapping, unieke Kersgeskenke, ’n rustige atmosfeer en boonop ’n koffietuin waar jy agteroor kan sit en jou voete ’n blaaskans kan gee.
Die Parys Kersmark begin hierdie week, Vrydag 14 Desember, en duur tot 23 Desember. Hier kan jy daagliks van 09:00 tot 18:00 tussen oulike en unieke produkte van verskeie uitstallers rondsnuffel, insluitend ook op 16 Desember.
Die mark word vanjaar vir die negentiende jaar aangebied. Dit het oor die jare bekendheid verwerf vir die pragtige handwerkprodukte. Kom snuffel vir bekostigbare en oorspronklike, bruikbare Kersgeskenke, waaronder handgemaakte verpakte en gebottelde lekkernye, handgemaakte juwele, geskenke vir die manne, oulike sêgoed op bordjies, klere, sandsteen dekor en vele meer. Toegang is gratis.
Die mark is by Schilbachstraat 18 (Blikoortjies kleuterskool-perseel) in Parys.

Related Articles

Back to top button