NewsNews

Klagte teen motorwagte teruggetrek

Klagte teen motorwagte teruggetrek

Alle klagtes is teruggetrek teen die vier motorwagte van Parys wat Vrydag 7 November voor die hof moes verskyn het na ‘n PSIRA (Private Security Industry Regulatory Authority) -optrede in Oktober toe  verteenwoordigers die dorp besoek het om motorwagte wat nie PSIRA registrasie kon toon nie, van die straat te verwyder.

Motorwagte wat toe nie bewys van PSIRA registrasie kon toon nie, is na die polisiestasie geneem  en die keuse gegee om ‘n R300 boete te betaal of voor die hof te verskyn.

Alle motorwagte, en enigeen in die sekuriteisbedryf, moet volgens wet by PSIRA geregistreer wees wat as die waghond liggaam vir die sekuriteitsindustrie optree.
PSIRA regulasies bepaal onder meer ook dat mense wat ‘n kriminele rekord het, nie PSIRA registrasie kan kry nie.

Verskeie motorwagte van Parys, onder meer die by die Pick ‘n Pay sentrum, het na die optrede  hul PSIRA registrasie bekom.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button