NewsNews

Bruidskou met styl en elegansie dié naweek in Parys te sien

Moenie die bruidskou in Parys dié naweek misloop nie.

Bruide en blomme pas bymekaar soos Vinkel en Koljander. Vanjaar is die eerste jaar dat ‘n bruidskou deel vorm van die kleurvolle FS/Madeira Flower Festival wat hierdie naweek, 8 & 9 Desember, in Parys gehou word.

Hierdie is die gulde geleentheid vir enige toekomstige bruid om die heel nuutste style, idees en professionele diensverskaffers onder een dak te siene te kry by Egweni River Lodge in Van Collerstraat, Parys.

Die bruidskou kan besoek word vandag, Saterdag 8 Desember tot 17:00, en Sondag 9 Desember van 10:00 tot 13:00.

Enige behoefte van die bruid word aangespreek – van rokke, tot grimering, fotografie en “venues” en vele meer.

     

Related Articles

Back to top button