NewsNews

Dis nie so nie, sê Eskom oor geen krag

Dis nie so nie, sê Eskom oor geen krag

Eskom het vanoggend gewaarsku dat boodskappe op digitale media wat aandui dat daar nie meer elektrisiteit in Suid-Afrika gaan wees nie, vals en misleidend is.

Eskom sê in sy verklaring beurtkrag word gekontroleer en bestuur op ‘n rotasie basis vir ‘n periode van tussen 2 en 4 ure op ‘n keer, afhangend van  op watter skedule die verbruiker is op die betrokke dag.

Die kragreus sê beurtkrag is juis ingestel as ‘n laaste uitweg maatreël om die land te beskerm van ‘n totale kragdonkerte.

Eskom sê hy kon daarin slaag om die elektrisiteitsvoorsieningstelsel te stabiliseer deur die instel van beurtkrag. ‘n Aankondiging oor vandag se beurtkrag is nog nie amptelik deur Eskom gemaak nie. 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button