NewsNews

Wat jy moet weet oor verkeersboetes en padblokkades

ʼn Dokument wat onlangs op sosiale media verskyn het oor verkeersboetes en padblokkades is van alle waarheid ontbloot.

ʼn Dokument wat onlangs op sosiale media verskyn het oor verkeersboetes en padblokkades is van alle waarheid ontbloot.

Dié dokument blyk van die Law Society of South Africa (LSSA) afkomstig te wees.

Hierin word gesê dat beamptes die oorspronklike lasbrief moet wys indien hulle motoriste in hegtenis wil neem, ook dat daar bewyse gelewer word dat die motoris die dagvaarding in persoon ontvang het. Die dokument moedig mense aan om arrestasie te weier.

Volgens die koerant in Nelspruit, die Laevelder,  het die Legal Practice Council, die liggaam wat die LSSA vervang het, se kommunikasie bestuurder, Barbara Whittle gesê dat dié dokument al jare versprei word, maar dat die sogenaamde advies wat in die dokument vervat word motoriste in die moeilikheid kan laat beland,” het Whittle gesê.

Volgens Malcolm Grimbeek, hoof van verkeer van JB Marks munisipaliteit, is dit nie nodig dat die oorspronklike lasbrief aan motoriste gewys word nie.  “Ons kan ʼn elektroniese weergawe uitdruk wat die hooflanddros se handtekening op het”.

Inwoners het onlangs op Facebook gekla dat hulle deur verkeersbeamptes in Potchefstroom  geïntimideer word om dadelik boetes te betaal anders word hulle belet om verder te ry of selfs in hegtenis te neem.

Volgens Grimbeek word dagvaardings by padblokkades aan mense gedien waarna hulle die opsie gegee word om dadelik agterstallige boetes te betaal of die hofdatum by te woon.

“Sommige mense kan dit dalk as intimidasie ervaar maar dit is glad nie die bedoeling nie. Mense word die opsie gebied,” verduidelik hy.

Die Herald het ook onafhanklik by ʼn betroubare bron in regsgeledere bevestig dat motoriste met uitstaande boetes, waarvan die hofdatum nog nie bepaal of kennisgewings wat nog nie dagvaardings geword het nie, nie gedwing kan word om te betaal nie.

“Dit is net sake waarvoor daar reeds lasbriewe uitgereik is waarop mense in hegtenis geneem kan word,” het die bron bevestig.

https://potchefstroomherald.co.za/lnn/515976/whatsapp-notice-on-handling-traffic-arrests-a-scam/

 

Related Articles

Back to top button