News

Kuifie hardloop die land plat vir digitale fakkelloop

Kom hardloopdie fakkelloop saam met Kuifie op Facebook 5 en 6 Desember is Vrystaters se hardloop-beurt.

Hierdie is ‘n eerste – ‘n moderne, digitale,  simboliese  fakkelloop vir die Voortrekkers.

Op 5 en 6 Desember beweeg die fakkel deur die Vrystaat. Sodra die Hoofleier boodskap saam met die gebiedsleier boodskap die aangee van die fakkel aangekondig het, kan Vrystaters, en ook Voortrekkers in Parys, die fakkelloop  op die kuberruim ondersteun.

Dan kan oud en jonk boodskappe kruis en dwars oor die Vrystaat op Facebook deel. Boodskappe van hoop.

Die fakkelloop het Saterdag 1 Desember in die Kaap begin. Al wat jy moet doen is om Facebook dop te hou, en jou boodskap te deel op jou eie Facebook blad, die Kommando blad, die gebied en nasionale groep op Facebook. Boodskappe moet positief wees en iets vertel oor wat Voortrekker-wees vir jou beteken.

Dit is ‘n groot bemarkingsgeleentheid vir die Voortrekkers. Hardloop die wedloop saam op Facebook en volg vir Kuifie waar hy deur die land beweeg met die fakkel.

Meer oor die 2018 Fakkelloop:

Die Voortrekkers het in 1938 die Groot Trek se honderdste herdenking met ‘n historiese fakkelloop gevier. Die feesfakkel is op 30 November in Kaapstad aangesteek en is die aand van 15 Desember 1938 by Monumentkoppie in Pretoria ontvang.

Die Voortrekkers se fakkelvlam brand vandag, tagtig jaar later, steeds in die senotaafsaal van die Voortrekkermonument.

Vanjaar gaan die Vrootrekkers die 80ste herdenking van die historiese fakkelloop op ‘n lekker en moderne manier ervaar.

Daarom is besluit om die historiese fakkel waarmee die Voortrekkers in 1938 van Kaapstad na Pretoria gedraf het, die aand van 30 November aan te steek, sodat Kuifie met die feesfakkel in die hand of Facebook regoor Suid-Afrika en Namibië kan draf totdat hy op 15 Desember by die Voortrekkermonument arriveer.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button