NewsNews

Aardklop vir agtien Fiëstas genomineer

Aardklop vir agtien Fiëstas genomineer

 

Debuutwerke wat vanjaar by Aardklop aangebied is, het die volgende nominasies ontvang:

Beste Akteur: Albert Pretorius (Bloed en Bodem)
Beste Akteur: Frank Opperman (Toutjies en Ferreira)
Beste Aktrise: Nadia Valvekens (Huishou)
Beste Aktrise: Cintaine Schutte (Huishou)
Beste Aktrise: Joanie Combrink (Toutjies en Ferreira)
Beste Nuutgeskepte Afrikaanse Teks: Saartjie Botha (Toutjies en Ferreira)
Beste Nuutgeskepte Afrikaanse Teks: Philip Rademeyer (Huishou)
Beste Vroulike Byspeler: Esther von Waltsleben (Toutjies en Ferreira)
Beste Opkomende Kunstenaar: Carla Smith (Bloed en Bodem)
Beste Aanbieding: Toutjies en Ferreira
Beste Duo of Ensemble: Huishou
Beste Duo of Ensemble: Toutjies en Ferreira
Beste Regie: Wolf Britz en Nicole Holm (Toutjies en Ferreira)
Beste Teaterontwerp: Wolf Britz en Nicole Holm (Toutjies en Ferreira)
Beste Prestasie in Klassieke Musiek: Charl du Plessis: Dis Opera
Beste Prestasie in Klassieke Musiek: Händel Masterpieces
Beste Prestasie in Klassieke Musiek: Zanta Hofmeyr en Miro Chakaryan (Zanta Hofmeyr in viool dialoog met Miro Chakaryan)
Beste Prestasie in Visuele Kuns: Diane Victor (Skadu’s en Lig)

“Debuutwerke is altyd ‘n opwindende dobbelspel. Niemand kan werklik voorsien hoe die werk as geheel sal realiseer, of ontvang word nie. Dit is daarom vir Aardklop héérlik dat ons program se Fiëstas-nominasies binne slegs drie jaar gegroei het vanaf twee na 18 nominasies. Dankie aan elke kunstenaar, tegnikus, en elke borg wat saam met ons gewerk en geglo het. Ons is geweldig trots en hou saam met die genomineerdes duim vas,” sê Alexa Strachan – feesbestuurder.

Aardklop 2019 vind van 24-29 September plaas. Vir meer inligting besoek www.aardklop.co.za of volg Aardklop Nasionale Kunstefees op Facebook.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button