NewsNews

Die Kersboodskap van omgee, ook vir hulle wat minder het

Die Kersboodskap van omgee, ook vir hulle wat minder het

Die onbeskryflike vreugde van ’n dag waarin kindergesiggies straal van blydskap as Kersvader sy opwagting maak. Kinderhandjies wat roomys skep en op springkastele en waterglybane baljaar.
Batman, Minnie Muis, Elsa, Tinkerbell en ander wat saam kuier, terwyl selfs mammas en pappas kan deel in die Kersbederf.
Vir hulle wat soveel minder het – is dit iets wat hul selde beleef, maar wat Saterdag 1 Desember moontlik gemaak word danksy die JD Groep en Shoprite wat die hoofborge van die dag is, en ook andere wat hul harte oopgemaak het vir 150 kinders van Parys, en hul ouers.
Danksy dié borge sal daar Saterdag op die laerskool se sportgronde in Eerstelaan seker gemaak word dat die kinders en hul ouers wat vooraf genooi is as eregaste van die dag, die vreugde en omgee van Kersfees beleef.
Die hekke maak om 10:00 oop en om 11:15 sal daar behoorlik kleur aan die dag gegee word met ’n Color Fun geleentheid.
Om 11:45 is dr. Eska de Bruin aan die woord en daarna sing Willie en Natasha Joubert.
Die groot oomblik is om 13:00 as Kersvader kom inloer met ’n geskenkie vir elkeen van die kinders waaraan hard gewerk en beplan is.
Sommer vroegdag al sal die potjies prut sodat die kinders en hul ouers (400 mense in totaal) net na 14:00 sal kan aansit vir ’n ware feesmaal.
En vanjaar is daar met soveel oop harte reggestaan met die potjies dat besluit is om van die geleentheid sommer ook ’n potjiekos-kompetisie te maak met lekker pryse op die spel.
Hierdie is nie net ’n manier om uit te reik na hulle wat werklik minder het nie, maar ook ’n geleentheid waar mense die seën wat elke dag ervaar word, kom deel deur te gee – nie net in geld nie, maar in tyd vir ander vir ‘n fees van omgee.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button