NewsNews

Wenke om hierdie Black Friday te oorleef

Wenke om hierdie Black Friday te oorleef

 

Is jy gereed om more ʼn see van winskopie-jaende mammas in die slagveld te gaan aanvat? Wel, as jy van plan is om Black Friday inkopies te doen, moet jy beslis gereed wees vir ʼn behoorlike bloedbad. Vrydag 23 November is Black Friday waar winkels landwyd belaglike promosies aanbied. Met die onvermydelike oorlog waarin jy jouself sal bevind, indien jy kies om dit te waag, is dit belangrik om dié paar wenke in ag te neem:

  • Maak eers ’n lysie van alles wat jy wil koop, sodat jy nie meer tyd by die winkel hoef te spandeer as wat absoluut nodig is nie. Dit is onwaarskynlik dat jy alles op jou lysie gaan kan kry.
  • Wees bewus van wat waar op special is voordat jy na al die onnodige winkels toe gaan wat net ʼn mors van jou tyd sal wees. ʼn Goeie idee is om al die verskillende winkels se Black Friday winskopies in jou plaaslike koerant te lees.
  • Kyk na al die aanlynpromosies. Baie webtuistes bied ook briljante afslag op hulle produkte aan. Loer eerder eers aanlyn, voordat jy die slagveld betree.
  • Nooi ’n vriend of vriendin saam om jou te help met al jou inkopies. Hy of sy kan dan solank in die ry staan, terwyl jy al jou benodigdhede gryp.
  • Stel ’n begroting vir al jou inkopies op. Dit sal verseker dat jy genoeg geld het en nie te veel spandeer nie.
  • Los al jou waardevolle artikels in die kar of by die huis, sodat dit nie ook as Black Fridayitems opgeveil word nie.
  • Maak dubbeld seker dat jy wel geld saamvat. Dit kan maklik wees om so ’n detail te vergeet tussen al die opgewondenheid. Probeer om eerder ’n kaart by jou te hou as wat jy kontant saamvat omdat dit maklik verlore kan raak. Maak ook seker dat jy alle kaarte buite sig hou.
  • Vat genoeg water saam, sodat jy gehidreer bly met al die hardloop en stoei wat gedoen gaan word. Dit kan ook slim wees om klein versnaperinkies saam te vat.
  • Trek gemaklike toe-skoene aan, sodat mense nie jou tone vertrap nie. Dit gaan ook heelwat gemakliker wees om dan te hardloop vir ’n
  • Los liewer jou kinders by die huis want hulle gaan heeltyd by jou kla om vir hulle alles te koop en om huis toe te gaan wanneer hulle moeg raak.

Maak seker dat jy hierdie wenke volg om hierdie Black Friday suksesvol af te handel, sonder enige gebreekte tone of teleurstellings.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button