NewsNews

Alles wat jy moontlik aan kan dink en meer vir Liggiefees

Alles wat jy moontlik aan kan dink en meer vir Liggiefees

Die jaarlikse Abraham Kriel Liggiefees begin Vrydag, 23 November en is die grootste Liggiefees wat Abraham Kriel Kinderhuis tot dusver gehou het. Verskeie ou gunstelinge soos byvoorbeeld die liggietonnel kan weer verwag word, maar die Liggiefees het hierdie jaar verskeie nuwe uitstallings vir oud en jonk!
‘n Reuse Kersvader van 3.6 meter kan hierdie jaar by die Liggiefees gesien word. Hierdie opgeblaaste Kersvader lyk net soos die ware Jakob en sal saam met die derduisende ander liggies die hemelruim van Potchefstroom verhelder. Nie net Kersvader het hom by die Liggiefees 2018 kom tuismaak nie –’n groot takbok met flikkerliggies wat drie meter hoog is, gaan ook die kindergesiggies laat blink.
Buiten die kunstenaars wat optree, is die musiekhoek ook vanjaar ‘n groter aantrekkingskrag. Die dansende kersliggies in die vorm van Kersbome en kruise bekoor met ‘n hele paar nuwe bekende liedjies wat alle besoekers sal kan saamsing.
Liggiefees 2018 voorsien ook ‘n spesiale vermaaklikheidsarea vir kleuters en tieners. Hierdie area het singende gloeilampe wat die kleuters prettig sal vind. ‘n Renbaan vir skopfietse waarop die kleuters kan ry, asook ‘n sandput, sal hulle by vanjaar se Liggiefees besig hou en ure se plesier verskaf. Kleuters kan ook in ‘n waterplasarea ‘n lafenis kry van die Potchefstroom hitte. ‘n Pret-area vir tieners is ook ‘n nuwe byvoeging by vanjaar se Liggiefees. Daar sal verskeie prettige aktiwiteite wees waar ouer kinders tyd kan spandeer. Die Liggiefees word van 23 November tot 31 Desember gehou. Hekke open elke aand om 19:00 en kaartjies kan teen R20 per persoon by die hekke gekoop word.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button