NewsNews

Hy-Line bring ekonomiese inspuiting vir Parys

Parys kry ‘n groot ekonomiese inspuiting met die opening van Hy-Line SA se hoenderbroeiery in die dorp se nywerheidsgebied.

Volgens Vincent Sharp, besturende-direkteur vir Hy-Line SA, het Koos Pretorius, voormalige besturende direkteur van Hy-Line SA, met sy aftrede die projek oorgeneem, en is daar sedert September 2017 gewerk om die projek in Parys gevestig te kry.
Koos is op Sondag 4 November in die ouderdom van 65 jaar skielik oorlede. ‘n Gedenkplaat is op 13 November op die perseel ter ere aan hom deur sy vrou Kate, en seun Chandré, onthul.

Koos Pretorius, voormalige besturende direkteur van Hy-Line SA, het met sy aftrede die Parys Hatchery-projek oorgeneem. Koos is op Sondag 4 November in die ouderdom van 65 jaar skielik oorlede. ‘n Gedenkplaat is op 13 November op die perseel ter ere aan hom deur sy vrou Kate, en seun Chandré, onthul.

Koos was vir 10 jaar besturende direkteur van die Hy-Line SA filiaal.
Die besondere geleentheid is deur nagenoeg 90 gaste bygewoon wat van die begin af by die projek betrokke was, insluitend kliënte en kontrakteurs.

Van die werkers wat van die begin af by die projek betrokke was, saam met Fanie Barnard (instandhoudingsbestuurder) en Martin Joubert (projekbestuurder), asook Krzysztof Kmiotek (ingenieur by EM-Tech Hatchery Systems Bpk).

Naas die gedenkplaat-onthulling was daar ’n besigtigingstoer van die projek en ete vir die gaste.
Hy-Line se mede-direkteur van Frankryk en verteenwoordiger van die EW Group, Joël Audefray, asook dr. Ian Rubinoff van Hy-Line Internasionaal gebaseer in Noord-Amerika, was onder die eregaste.
Die Parys Hatchery sal teen 30 Desember vanjaar in produksie wees en sal dagoud lêhenne vir die mark regoor die land, maar ook vir die uitvoermark, lewer.
Parys is gekies weens die dorp se sentrale ligging.
Hy-Line behoort aan die EW Group.
Met die opening van die Parys Hatchery sal die Blue Hills Hatchery in Midrand sluit en skuif na Parys.
Heelwat plaaslike mense is opgelei om die projek hier gevestig te kry.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button