NewsNews

Groot dankbaarheid oor genadereën

Groot dankbaarheid oor genadereën

Daar was byna nie ’n wolkie in sig nie, maar teen 15:00 Maandagmiddag het die hemelsluise wonderbaarlik oopgegaan, met tussen 22 en 42 mm reën wat in die Vredefort- en Parys distrikte gemeet is.
Genadewater vir baie boere wat nog nie kon plant nie, of in goedertrou in droë lande moes plant. Vir hulle het die knellende droogte reeds krisis afmetings aangeneem.
Maandagoggend op die sportgronde in Vredefort is die hoofde gebuig in diepe afhanklikheid om te bid vir reën.
Op ’n trekker-sleepwa het Andries Enslin, self ’n boer en grondeienaar van die plaas Dampoort in die Vredefort Koepel, die boodskap vir die nagenoeg 300 mense gebring.
Sy boodskap – dat God elkeen onvoorwaardelik liefhet. As Hy reën gee, gee Hy dit vir almal, maar op Sy tyd.

Van links is past. Juan Greeff, past. Jeff Whiston, Andries Enslin en past. Rinus van Sandwyk.


Ander predikers wat die oggend boodskappe gebring het naas Enslin, was past. Juan Greeff, past. Rinus van Sandwyk, en past. Jeff Whiston van Texas wie se ouers self boere is.
Hoewel die weerlig gistermiddag die veld plek-plek aan die brand gesteek het, het die reën ook die vlamme geblus.
Die biddag was die inisiatief van past. Juan Greeff en Adolf Greeff, in samewerking met die Koepel Boerevereniging wat verantwoordelik was vir die reëlings vir die biddag.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button