‘Kabeldiewe se poging om elektriese kabels te steel is die rede waarom ‘n groot deel van Parys steeds sonder elektrisiteit sit en die vooruitskatting is dat dit bes moontlik nog ‘n minimum van 4 ure kan duur voordat die krag herstel kan wees.
Boonop kan weersomstandighede die herstelwerk verder vertraag.
Ngwathe munisipale woordvoerder, Steve Naale, sê die kabeldiefstalpoging het ernstige skade aan die kraglyn veroorsaak. Hoewel die kabeldiewe weggekom het, word daar vermoed dat die kabeldiewe dalk brandwonde kon opgedoen het met die diefstalpoging.
Groot dele van die dorp is al sedert ongeveer 11:00 vanoggend sonder krag.
You can read the full story on our App. Download it here.