NewsNews

Moordverdagte wag vir bed by psigiatriese hospitaal

Moordverdagte wag vir bed by psigiatriese hospitaal

Die beskuldigde, Pfunzo Netshiangolwe kan glo niks van die voorval waarvan hy aangekla word, onthou nie.
Hy is kort ná die aanval in die vroeë oggendure in hegtenis geneem danksy die flink optrede van buurtwaggroepe en sekerheidsmaatskappye.

Phunzo Netshiangolwe, staan tereg op n aanklag van moord.foto Mario van de Wall

Die egpaar se gesteelde bakkie is opgemerk nadat dit aan die buitewyke van die stad gerol, op die bande te lande gekom en die bestuurder toe verder gery het. Die bestuurder van die bakkie was kort daarna weer in ’n botsing betrokke, maar hierdie keer was buurtwaglede en veiligheidsgroepe kort op die verdagte se hakke.
Die polisie het Netshiangolwe kort daarna op die toneel in hegtenis geneem.
Boeta Smith en sy vrou Lily is verlede jaar in Desember by hulle huis in Louwstraat met, wat blyk om ’n staalstaaf te wees, aangeval.
Boeta is op die toneel dood. Lily was sedert die aanval in ’n koma, maar is maande later ook dood. Netshiangolwe word van moord, poging tot moord, rooftog, verswarende omstandigede en roekelose en nalatige bestuur aangekla.
Hy is vroeër vanjaar borgtog geweier en is steeds in aanhouding.

Related Articles

Back to top button