LifestyleNewsNews

Voorkom hitte-uitputting by jou diere

Met ’n algemene temperatuur van 36 grade Celsius wat vir die week voorspel word, is dit maklik om soms net op jouself te fokus en te vergeet van jou vier-voetige huisgenote.

Met ’n algemene temperatuur van 36 grade Celsius wat vir die week voorspel word, is dit maklik om soms net op jouself te fokus en te vergeet van jou vier-voetige huisgenote.

Die hittegolf wat ervaar word kan daartoe ly dat troeteldiere ’n hitte beroerte kry of selfs dat hulle harte gaan staan. Honde sweet nie soos mense nie en daarom kan hulle nie van die oortollige hitte in hulle liggame ontslae raak nie. Hitte-uitputting kan by diere voorkom as hulle liggaamstemperatuur bo 39 grade Celsius styg.

Volgens (Bauhaus, 2018) is die tekens van hitte-uitputting in troeteldiere:

  • Oormatige asemhaling. Dit is die eerste teken van hitte-uitputting, veral by honde.
  • Volgens die American Kennel Club Canine Health Foundation sal honde wat hitte-uitputting ondervind, konvulsies ervaar, opgooi, diarree vertoon en hulle tandvleis of tong sal rooi of blou vertoon.
  • Geglasuurde oë
  • Oormatige kwyl
  • Vinnige hartklop
  • Duiseligheid
  • Gebrek aan koördinasie
  • Koors
  • Lusteloosheid
  • Verlies van bewussyn

Volgens (Arnold, 2017) kan diere wat hitte-uitputting ervaar op die volgende wyses behandel word:

  • Gebruik ’n rektale termometer om die troeteldier se temperatuur te meet.
  • Verlaag die troeteldier se temperatuur deur koue, nat handdoeke onder en tussen hulle bene te sit.
  • Gee vir die troeteldier koue water om te drink. Moet nooit die water in die troeteldier se keel af forseer nie, want dit kan miskien per ongeluk in sy longe beland. As die dier nie die water wil drink nie, maak net sy tong bietjie nat. Moet nie vir ’n hond ys gee om te eet as hy hitte-uitputting ervaar nie, want dit kan sy liggaamstemperatuur te vinnig laat daal en sy stelsel ontwrig.
  • Vat die dier na ’n veearts.

Hoe om hitte-uitputting by diere te voorkom, volgens (Zeltzman, 2018)

  • Hou die troeteldier in die huis op ’n baie warm dag.
  • As die troeteldier buitekant moet wees, voorsien baie water en koelte.
  • Gooi ysblokkies in die dier se water, sodat dit kan koud bly.
  • Moet nie ’n dier alleen los in die hitte nie. Soos byvoorbeeld, moet nie ’n hond in ’n warm kar los in die somer nie.
  • Laat die hond net buitentoe gaan as dit vroegoggend of laataand is.
  • Dra water by jou as jy die hond uit vat om te gaan stap.

 

 

 

Related Articles

Back to top button