NewsNews

Aanvallers steek boer se huis aan die brand

Aanvallers steek boer se huis aan die brand

‘n Boer is vanoggend (14 November) tussen 03:00 en 04:00 op sy plaas op die Carletonvillepad naby Potchefstroom aangeval.

Volgens provinsiale polisiewoordvoerder het ongeveer ses verdagtes aan die deur geklop en die boer by die naam geroep. Nadat hy die deur oopgemaak het, is hy deur die verdagtes oorval.

Die groep wat almal klapmusse aangehad het, het die kluis se sleutels geeïs waaruit hulle kontant gesteel het.

Netwerk24 berig dat die aanvallers brandstof oor die boer gegooi het waarna hulle gedreig het om hom aan die brand te steek. Hy kon daarin slaag om ‘n pistool in die hande te kry en het op die aanvallers begin skiet. Hulle het die huis aan die brand gesteek en weggehardloop.

Volgens die polisie word ‘n saak van huisroof en brandstigting ondersoek.

 

https://www.nbcarsales.co.za/

Related Articles

Back to top button