NewsNews

Twee in Klerksdorp vas oor Olifanttande

Twee mans het Vrydag (9 November) in die Klerksdorplandroshof verskyn nadat hulle Woensdag (7 November) met ses olifanttande ter waarde van ongever R676 000 betrap is.

Twee mans het Vrydag (9 November) in die Klerksdorplandroshof verskyn nadat hulle Woensdag (7 November) met ses olifanttande ter waarde van ongever R676 000 betrap is.Ā 

Volgens kapt. Aafje Botma, poliswoordvoerder, het die polisie op ‘n wenk reageer waarna hulle die voertuig waarin die twee mans gery het naby Klerksdorp voorgekeer het. Die olifanttande was onder sakke vol mielies versteek.Ā 

Douglas Matambandini (46) en Mmoloki Moseki (49) word aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde ivoor. Die saak is tot 16 NovemberĀ uitgestel waar albei verdagtes glo om borgtog gaan aansoek doen.

 

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

Related Articles

Back to top button