NewsNews

Vrywilligers help om dorp skoon te maak

Borge vir asblikke word nog dringend gesoek.

Vrywilligers het Saterdag gehelp om skoon te maak voor die Forum-gebou oorkant Spar, asook voor die polisiestasie waar ’n vragmotor verlede week sy vrag verloor het.

By die Forum-gebou het Koos van Rooyen help opruim en ook al die vullis weggery, terwyl Thapelo Monatisa, John Mokhethi en Samuel Mabeleha gehelp het met die skoonmaak-inisiatief wat begin is danksy Jan en Ann Bester. Met die hulp van Selma Kok maak hul weekliks skoon op die sypaadjies en in parke.

Related Articles

Back to top button