NewsNews

Suid-Afrkaners stem in Mei

Maak seker jy is geregistreer.

Suid-Afrikaners sal in Mei 2019 na die stembus gaan, en 26 en 27 Januarie is die finale registrasie naweek vir kiesers vir die komende nasionale verkiesing.

Die finale datum vir die verkiesing sal na verwagting in Februarie 2019 deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig word.

Die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) sal dan in Maart 2019 nominasies vir kandidate vir die onderskeie partye ontvang.

Met die finale registrasie naweek sal nuwe kiesers geleentheid hê om te registreer, en reeds geregistreerde kiesers wie se besonderhede verander het, sal dan kan seker maak dat hul besonderhede korrek is op die kiesersrol.

Die OVK is ook tans besig om seker te maak dat Suid-Afrikaners in die buiteland by ambassades, hoë kommissariate en konsulate sal kan registreer. Registrasies sal ook in gevangenisse plaasvind. Gevangenes sal in die onderskeie stemdistrikte waar hul in aanhouding is, registreer. Familielede van gevangenes sal egter hul identiteitsboekies aan hulle moet gee voor die verkiesingsveldtog.

Related Articles

Back to top button