NewsNews

Trok besteel na ongeluk op N1

Trok besteel na ongeluk op N1

VANDERBIJLPARK. – ‘n Vragmotor is vanoggend van sy vrag gestroop na ‘n ongeluk met ‘n Volkswagen Polo  op die N1.

Die Volkswagen Polo se band het onklaar geraak en twee van die drie insittendes is na ‘n nabygeleë woonbuurt om hulp te soek. Een van die passasiers wat in die voertuig agter gebly het, is beseer toe dievragmotorbestuurder vermoedelik aan die slaap geraak het en die Polo teen die sykant getref het.

Daarna het die vragmotorbestuurder vermoedelik beheer verloor oor die vragmotor. Die vragmotor het teen die wal af gery.

Die beseerde vragmotorbestuurder  en die man in die Polo is deur paramediese personeel na die hospitaal geneem vir behandeling.

Intussen is die vragmotor wat vrugtesappe vervoer het, deur die gemeenskap van ‘n nabygeleë woonbuurt geplunder.

Related Articles

Back to top button