NewsNews

 Vrou dood, drie beseer na busongeluk op R59

 Vrou dood, drie beseer na busongeluk op R59

SASOLBURG. – ‘n Vrou is dood  en drie beseer in ‘n ongeluk tussen ‘n Ford bakkie, ‘n Kia Picanto en ‘n bus van die Gevangenisdiens, wat leerlinge van Sasolburg na Vereeniging, Drie-Riviere en Groenpunt gevangenis vervoer het.

Die ongeluk het Vrydagmiddag 2 November voor 14:00 plaasgevind. Martin Groenewald en sy seun LJ, was vanaf Sasolburg in die rigting van Vereeniging op pad toe die Picanto hulle Ford bakkie aan die regter sykant getref het. Daarna het die Picanto verskeie kere getol en met sy agterkant, reg van voor teen die bus gebots.

Die vrou in die Picanto is dood verklaar op die toneel. Twee van die kinders wat in die bus was is beseer.

Paramediese personeel van ER24, Netcare 911, VEC, Gauteng EMS, die brandweer en polisie was op die toneel. Forensiese deskundiges het tot laatmiddag  gister opmetings gedoen en fotos geneem.

Related Articles

Back to top button