NewsNews

Water vir hulle in nood

Parys se hulpkreet is gehoor!

Danksy die nie-winsgewende maatskappy South African Water Warriors (SAWW) sal daar voortaan skoon drinkwater in Parys voorsien kan word aan hulle in nood.
Die maatskappy se doelwit is juis om te verseker dat elke Suid-Afrikaner skoon drinkwater het. Met die hulp van donasies versprei hulle water, en is daar reeds 8 800 liter water vir Parys beskikbaar gestel wat tans by die Bon-Af Bessieplaas gestoor word. Hierdie is net die begin van SAWW se uitreik na Parys, wat gemeenskappe regoor die land help, insluitend George wat die afgelope week onder verwoestende brande deurgeloop het.
Isabelle Coetzee, een van die stigterslede van die maatskappy, wat ’n noue verbintenis met Parys het, het foto’s van Parys se drinkwater gesien en dadelik besef dat hulle hier moet help.
Verlede Donderdag is 320 van hierdie 5-liter waterbottels aan Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) beskikbaar gestel wat weer onder meer na Glenifer, Basa Park, Epilepsie SA, die Dome Primary School en die Tumahole Selfhelp Association for the Disabled versprei sal word.
VVA en Parys Info sal die verspreiding koördineer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button