Bets Papenfus is Vrydag 26 Oktober in die ouderdom van 85 jaar oorlede.
Sy en haar man, Danie, het in 1989 met sy aftrede, van Rustenburg na Parys verhuis.
Danie is in 1992 oorlede, en het sy alleen in die huis in Schilbachstraat aangebly.
Sy was vir baie jare ’n Kansa-vrywilliger. Al kon sy nie bestuur nie, het sy geen moeite ontsien om na pasiënte te loop nie. Ook by die Parys Baptiste Kerk het sy liefdadigheidswerk gedoen.
Later het sy 85% van haar sig verloor.
Bets word oorleef deur haar twee seuns, Daniel en Johan, en ’n broer, Boet Maré.
Die begrafnisdiens is Donderdag 1 November vanuit die Parys Baptiste Kerk.