NewsNews

Kim Odysseus – ‘n man wie se glimlag onthou sal word.

Sy geselsies by die kafee en warm, spontane geaardheid sal verseker gemis word.

Oor baie jare het die mense van Vredefort, maar ook die talle wat net gestop het vir ‘n koeldrank of iets te ete, die hartlike man agter die kafee-toonbank in Vredefort leer ken.

‘n Man wat deur baie gerespekteer is, maklik ‘n glimlag gedeel het, ‘n vriend vir baie en wat geweet het wanneer ‘n woord van raad nodig was. Iemand met ‘n groot hart.

Kim Odysseus is Vrydag 26 Oktober na ‘n lang siekbed oorlede. Ons innige medelye met sy vrou, Niki, en die familie.

Sy opregte belangstelling en geselsies terwyl hy doenig was agter die kasregister  by die Vredefort kafee en sy  warm, spontane geaardheid sal verseker gemis word.

Related Articles

Back to top button