NewsNews

Kinderhelde op Heldedag gehuldig

Hoewel Heldedag nie meer amptelik op 10 Oktober in Suid-Afrika gevier word nie, het inwoners van Midvaal vanjaar op dié dag gewys dat hulle ons land se kinderhelde steeds onthou en huldig

MEYERTON. – Hoewel Heldedag nie meer amptelik op 10 Oktober in Suid-Afrika gevier word nie, het inwoners van Midvaal vanjaar op dié dag gewys dat hulle ons land se kinderhelde steeds onthou en huldig.
Op Woensdag 10 Oktober is ‘n kransleggingsplegtigheid by die gedenktekens van die kinderhelde Japie Greyling en Johan le Roux op die skoolterrein van die Laerskool Randvaal (voorheen Laerskool Japie Greyling) gehou. Die voorsitter van die Klipriviervallei Kultuurraad, mnr. Freddie Peters, het vertel hoe Japie Greyling deur ‘n Britse offisier, kapt J.E.B. Seely as ‘n kinderheld bekendgestel is nadat hy in die aangesig van ‘n vuurpeloton geweier het om die plek waar ‘n Boere-kommando gedurende die Vryheidsoorlog geskuil het, bekend te maak. Kapt. Seely was so beïndruk met die seun se optrede dat hy die peloton opdrag gegee het om hul wapens te laat sak en Japie se lewe te spaar. In 1931 is kapt. Hawkins deur die Britse department van verdediging na Suid Afrika gestuur om erkenning te gee aan die jong seun se heldemoed. Japie Greyling was ook op sy tyd die kaptein van die Grey College se rugbyspan. Die laerskool in Meyerton is later na hom vernoem en ‘n gedenkteken is op 23 November 1966 op die skoolterrein deur sy seun onthul. Die Henley-on-Klip skoolbusramp van 28 Januarie 1970, het ook ‘n kinderheld, die 18-jarige Johan le Roux, opgelewer. Johan het destyds die lewens van verskeie kinders gered deur hulle by die venster van die skoolbus, wat op die treinspoor gaan staan het, uit te gooi voor die botsing. Hy het met sy lewe geboet omdat hy self nie betyds uit die bus kon kom voordat die trein hulle getref het nie.
Na die ramp is daar ook ‘n monument vir Johan en die 23 slagoffers van die busramp op die skoolterrein, waar hy ook ‘n oudleerling was, opgerig. Die Wolraad Woltemade-medalje vir dapperheid is nadoods aan Johan toegeken.
Mnr. Ernest Merrick het die verrigtinge geopen en mnr. Archie Sutherland het van sy ervarings op die dag van die busramp vertel. Kranse en rose is deur verskeie deelnemers, onder andere die Kliprivier-gemeenskap, die Kultuurraad sowel as die Midvaal AfriForumtak gelê.

Wyle Johan le Roux, die Meyertonse matriekseun wat sy lewe opgeoffer het om ander skoolkinders uit die pad van ‘n aankomdende trein te red.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button