NewsNews

Oppas vir dié boodskappe, waarsku matrone

Maak eers seker voordat jy sommer net betaal.

Wees versigtig vir SMS en WhatsApp-boodskappe van die Parys-hospitaal wat jou maan om jou uitstaande rekening te betaal, of selfs aandui dat jy vir regsaksie oorhandig word, weens jou uitstaande rekening by die hospitaal.
So het Matrone Malinga van die Parys Distrik-hospitaal vandeesweek aan Gazette gesê nadat verskeie Parysenaars, en selfs personeel sedert einde Augustus en veral verlede week weer boodskappe met dié strekking ontvang het.
Die boodskappe is in Engels en dui die bedrag verskuldig aan, asook ‘n FNV rekeningnommer, verwysingsnommer en ‘n 012 telefoonnommer.
Sommige wat die boodskappe ontvang het, het dit as beide SMS en Whatsapp boodskappe gekry, terwyl ander net SMS-boodskappe gekry het. Soms is die bedrae vir dieselfde rekeningnommer in die onderskeie boodskappe ook nie dieselfde nie. Die telefoonnommer wat aangedui word in die boodskappe bestaan nie.
Me Malinga het dit duidelik gemaak dat dié boodskappe nie deur die hospitaal uitgestuur is nie, en dat dit nie die hospitaal se gebruik is om via SMS en Whatsapp-boodskappe rekening inligting uit te stuur nie. Sy sê die hospitaal stuur rekeninge per pos uit.
Me. Malinga vra dat mense asseblief geen betalings sommer goedsmoeds sal maak, alvorens jy nie by die Hospitaal self gaan seker maak het of daar enige uitstaande bedrae op jou rekening is nie.

So lyk van die boodskappe wat ontvang is.

“Notice account overdue. Pay R643.04 owed to FS Parys Hospital. FNB Ac 62319854164 Br: 250655 Ref:DEP0015545290248408 CreditIntel Tel 0129400140”

en

“You have been handed over. Pay R619.13 owed to FS Parys Hospital. FNB Ac 62319854164 Br: 250655 Ref:DEP0015545290248408 CreditIntel Tel 0129400140”

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button