NewsNews

Feathers hou uitstappie na Vaal de Grace Nature Estate

Feathers hou uitstappie na Vaal de Grace Nature Estate

Die volgende byeenkoms van Feathers Voëlklub word op Donderdagaand 25 Oktober om 18:30 by die Sally Martin Park saal gehou.
Alle belangstellendes is welkom om die byeenkoms by te woon.
Jean Wilson sal by die geleentheid haar foto’s en stories van voëls wat sy in die Noord-Kaap gesien het, kom deel.
‘n Onlangse vinnige besoek aan Vaal de Grace Nature Estate deur ’n paar klublede, was baie interessant en daar is besluit dat die klub die Nature Estate op Saterdag 27 Oktober sal besoek.
Belangstellendes vertrek om 07:00 vanaf PnP se parkeerterrein.
Persone wat belangstel in voëls, maar nie lid is van die klub nie, is baie welkom om saam te gaan. Bring jou piekniekmandjie, verkyker, voëlboek en stoel saam.
Vir meer inligting oor Feathers kan Hansie Bekker by (056) 811 4754/082 820 4306 of Peter Killian by 083 625 8100 geskakel word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button