NewsNews

VF Plus verkla munisipaliteite by MRK – slaan terug teen menseregteskendings

wak instandhouding van infrastruktuur as gevolg van onderbesteding van infrastruktuur-toekennings, 'n tekort aan kundigheid en verkeerde prioriteite is verantwoordelik vir die riool-krisis. Die omgewing en waterbronne word besoedel.

 

 

 

 

Die VF Plus het die Moqhaka- en Matjhabeng-plaaslike munisipaliteite vir ernstige menseregtevergrype by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommisse (MRK) verkla.

 

Die klagtes wat by die MRK ingedien is handel oor die skending van die inwoners van die twee munisipaliteite se reg tot ‘n omgewing wat nie skadelik is vir inwoners se welstand en gesondheid nie.

 

Moqhaka-plaaslike munisipaliteit wat Kroonstad, Viljoenskroon, Steynsrus en Vierfontein insluit, is verkla vir die rou riool wat naby die informele nedersetting buite Viljoenskroon vrylik tussen huise en in die omgewing opdam.  Die klagte behels ook rou riool wat toegelaat word om onverstoord naby die Brentpark-woongebied in Kroonstad in die Valsrivier in te loop.  Mens en dier is afhanklik van die Valsrivier as bron vir drinkwater en die direkte besoedeling daarvan, ‘n kwessie waarvan die munisipaliteit jare lank reeds kennis dra maar niks aan doen nie, is ‘n krisis.

 

Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit, wat Welkom, Odendaalsrus, Virginia, Allanridge, Ventersburg en Hennenman bedien moet antwoord op soortgelyke klagtes van rou riool wat vir jare reeds tot teen die R73-pad by Bronville buite Welkom opdam.

 

Inwoners, wat kinders en bejaardes insluit, moet daagliks verby hierdie rou riool loop en op sekere plekke lê dit tot tussen die huise.  Dit is ‘n growwe en onaanvaarbare skending van die inwoners se mees basiese reg tot ‘n gesonde omgewing en bewys dat die ANC-regering die menswaardigheid van die mense van die Vrystaat as gering ag.

 

Die VF Plus het die MRK versoek om dringend ondersoek in te stel na die onderskeie munisipaliteite se versuim om die mees basiese grondwetlike verpligtinge wat op hulle rus na te kom.

 

Swak instandhouding van infrastruktuur as gevolg van onderbesteding van infrastruktuur-toekennings, ‘n tekort aan kundigheid en verkeerde prioriteite is verantwoordelik vir die riool-krisis. Die omgewing en waterbronne word besoedel.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button