NewsNews

Ses rowers rand paartjie erg aan tydens huisroof in Bailliepark

Ses rowers rand paartjie erg aan tydens huisroof in Bailliepark

ʼn Jong paartjie is vroeg vanoggend (20 Oktober) in hul huis in Ingonyastraat, Bailliepark, Potchefstroom oorval en erg aangerand. Volgens Mooirivier Beskerming het ses gewapende rowers deur ʼn oop venster in die sitkamer geklim om in die huis te kom.

Albert John. Foto: Facebook

Albert John. Foto: Facebook

Raadslid van die gebied, Jeanne Adriaanse, sê dat Albert John en Nanna Viviers, wat vandag haar 25ste verjaarsdag vier, geslaap het toe die rowers hulle oorval het. Nanna se broer, Pierre Viviers, het op Facebook gesê dat die ses mans sy suster en Albert met moersleutels geslaan en vasgebind het.

Albert John en Nanna Viviers. Foto: Facebook

Albert John en Nanna Viviers. Foto: Facebook

Volgens Mooirivier Beskerming blyk dit ‘n selfoon en ʼn beursie is gesteel. Albert en Nanna is beide in die hospitaal en het ernstige kop- en gesigbeserings opgedoen.

Die huis was vol bloedspatsels. Foto: Facebook

Die huis was vol bloedspatsels. Foto: Facebook

 

https://www.nbcarsales.co.za/

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button