NewsNews

Jou vullis vertel meer as wat jy dink!

Maak maar seker waar jy jou vullis gooi – en wat jou vullis van jou vertel! Vanoggend, Saterdag 20 Oktober, is daar weer by die parkie in Eerstelaan skoongemaak. Daar waar ander mors, het vrywilligers, sonder vergoeding, op eie koste en in hul tyd skoongemaak. Vullis wat dag na dag hier deur mense neergegooi word. …

Maak maar seker waar jy jou vullis gooi – en wat jou vullis van jou vertel!

Vanoggend, Saterdag 20 Oktober, is daar weer by die parkie in Eerstelaan skoongemaak. Daar waar ander mors, het vrywilligers, sonder vergoeding, op eie koste en in hul tyd skoongemaak. Vullis wat dag na dag hier deur mense neergegooi word. Vullissakke waarin gekrap word vir herwinbare materiaal en net so oop gelaat word,  of wat stukkend geskeur word. Geen asblikke. Net die vieslike gemors waarin mense wat in die omgewing woon of daagliks daarby verbyry, moet vaskyk.

Tot op ‘n dag wat die egpaar Jan en Ann Bester wat daagliks hier verby moet ry na hul huis in Noorderstraat, gesê  het dat hulle nie langer hierin gaan vaskyk nie. Hulle het besluit om self ‘n verskil te maak.

Saterdag na Saterdag werk hulle vir minstens ‘n uur om op verskeie plekke in die dorp die sypaadjies, strate en parke skoon te maak. Bloot omdat hulle omgee vir hoe die dorp lyk.  Vanoggend het die Besters, hul  tuinhulp Petrus Majoe,  en Selma Kok weer gehelp.

En wat hulle gestrooi kry rondom die vullissakke en in die leë bande in die speelpark, spreek boekdele.

‘n Groot probleem by die parkie is ook die gebrek aan vullisdromme en sal daar meer staatgemaak moet word op die munisipaliteit, en inwoners en besighede se samewerking en ondersteuning om te help om die omgewing skoon te hou, want alleen kan daar nie ‘n verskil gemaak word nie.

Dankie aan die DA se Andries Vrey wat gereël het dat Parys Sekuriteit die Bester kon vergesel na die vullisstortingsterrein op die Weiveld-pad waar baie al vrees vir hul veiligheid omdat daar toegesak word op mense wat vullis by die terrein wil stort.

Dankie ook aan Gavin Ferreira van Parys Sekuriteit wat self hand bygesit het om van die sakke te laai om na die vullisstortingsterrein te vervoer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button