NewsNews

Vuurwapenwet: Voorgestelde wysigings sal misdaad bevorder, sê VF Plus

Vuurwapenwet: Voorgestelde wysigings sal misdaad bevorder, sê VF Plus

Die uitgelekte konsep wysigingswet op die Beheer van Vuurwapens waarin voorgestel word dat lisensies vir vuurwapens nie meer vir selfverdediging uitgereik moet word nie, is nie net absurd nie, maar sal misdaad bevorder, sê die Vryheidsfront Plus.
Die party sê die jongste misdaadsyfers is ‘n bewys dat die polisie misdaad, en veral geweldsmisdaad, nie onder beheer het nie, en faal in sy grondwetlike plig om mense en hulle besittings in Suid-Afrika te beskerm.
Die party sê die regering moet ophou om homself te mislei deur die indruk te probeer skep dat vuurwapens die oorsaak is van die hoë moordsyfer in Suid-Afrika.
“Dié persepsie word misbruik en as rookskerm gebruik om sy eie onbevoegdheid te verbloem,” sê die VF Plus.
Die party meen dat hoewel die inligting van ‘n uitgelekte en verouderde voorgestelde konsep-wysigingswetsontwerp is, dit die denke van die regering en die polisie weerspieël
Die party maak dit egter duidelik dat hy ten gunste is van vuurwapenbesit en dat daar tans gewerk word aan ’n proses van ‘n private wetsontwerp in die parlement om juis vuurwapeneienaars se reg op die besit van hul vuurwapens te beskerm, en om te verhinder dat hul wapens onteien word indien die lisensies verval en daar nie betyds heraansoek gedoen is vir ʼn nuwe lisensie nie

Related Articles

Back to top button