NewsNews

Koerantverspreider in roof by vulstasie – polisieman gewond

Koerantverspreider in roof by vulstasie – polisieman gewond

VANDERBIJLPARK. – ‘n Gewapende rooftog omstreeks 03:00 Maandagoggend 15 Oktober by die Sasol IEMAS vulstasie in Hertz-boulevard, het ‘n skietery tussen die polisie en die rowers tot gevolg gehad en ‘n polisieman is gewond, maar nie ernstig beseer nie.
‘n Koerantverspreider van MooiVaal Media, Charl Potgieter, sê hy het omstreeks 03:00 by die deur gestop om die Ster koerante af te lewer. “Ek was nog besig toe ek hoor iemand skreeu ‘lie down, lie down’.
“Ek het besluit om weg te jaag en in my voertuig gespring. Net om die draai het twee manne, met wat lyk soos AK47 gewere, my gestop”, vertel Charl. Hulle het die motor se sleutel verwyder. Charl is daarna met sy hande in die lug na die binnekant van die gebou begelei, waar ander personeel reeds op die vloer gelê het. Ons het gehoor hoe hulle vir sowat ‘n halfuur sukkel om die kluis uit te breek. Later is van die manspersoneel kom haal om seker te help om die kluis op te tel. “Toe hulle uitgaan het die skote begin klap. Ek het in die kombuis gaan wegkruip tot dit stil geraak het,” vertel Charl. Volgens Charl het die rooftog sowat 40 minute geduur.

Volgens inligting was daar sowat ses rowers. ‘n Speurder van die polisie was ook toevallig by die motorhawe om kos te koop. Hy is egter ook aangehou. Later het ‘n polisievangwa met polisiebeamptes opgedaag wat wou koffie koop. ‘n Skietery het ontstaan en die rowers het met die polisievoertuig weggejaag. Die voertuig is later deur ‘n taakspan gevind.

 

Related Articles

Back to top button