NewsNews

Beloon vir uitstaande doktorale studie

Met die kompetisie word uitstaande werk in die rekenkunde veld met doktorale tesisse beloon wat by universiteite regoor Suid-Afrika vir die jaar ontvang is.

’n Groot eer het dr. Corrie Cloete van die firma GC Cloete Accounting & Tax Services Inc (C.A.T.S Inc) in Parys te beurt geval toe hy Donderdag die prys ontvang het as wenner van die kategorie vir Rekenkundige tesisse vir Doktorale studie in die 2018 SAIPA-kompetisie.
Met die kompetisie word uitstaande werk in die rekenkunde veld met doktorale tesisse beloon wat by universiteite regoor Suid-Afrika vir die jaar ontvang is. Inskrywings word aan ‘n paneel kundiges voorgelê vir die eerste rondte van beoordeling, en daarna ook aan onafhanklike moderators.
Die toekenning is aan hom oorhandig by die Wanderers-klub in Johannesburg tydens die SAIPA Toppresteerders toekenning geleentheid.
Die tema van dr. Cloete se doktorsgraad-tesis was “The development of an SME risk analysis tool for professional accountants”.
Hy het die tesis oorhandig aan die weermag wat ook ‘n rol gespeel het in sy studie.

Dr. Corrie Cloete (links) waar hy Donderdag die SAIPA toekenning in ontvangs geneem het as wenner van die kategorie vir rekenkundige tesisse vir Doktorale-studie.

Dr. Cloete was dan ook op grond van sy doktorale studie een van die ontvangers van die toekennings vir vanjaar se Golden Key International Honour Society. Die toekenning is op 29 Mei oorhandig.
Sy Ph.D-gradeplegtigheid was op 30 Mei vanjaar.

Related Articles

Back to top button