NewsNews

Ouditeur wat Emfuleni geldsake ondersoek, geskiet

Die polisie is tans besig met die ondersoek na die voorval.

 

Die Polisie is tans besig met ‘n ondersoek nadat ‘n vroulike ouditeur wat betrokke is by die ondersoek na die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se chaotiese geldsake, Vrydagoggend 12 Oktober, in ‘n gastehuis in Danie Theronstraat, Vanderbijlpark, geskiet is.
Die vrou en nog ‘n ouditeur het in die gastehuis tuisgegaan sedert hulle met die forensiese ondersoek na onregmatige besteding in Emfuleni, begin het.
Volgens onbevestigde bronne het die rowers omstreeks 04:00 in haar kamer ingebreek en haar twee keer in die bene geskiet. Hulle het slegs haar skootrekenaar gesteel.
Die manlike ouditeur, wat ook by die ondersoek betrokke is, was in ‘n ander slaapkamer en is gelukkig nie beseer nie.
Die beseerde vrou is na ‘n plaaslike hospitaal vervoer.

Related Articles

Back to top button