NewsNews

70 000 Stroom Aardklop toe

70 000 Stroom Aardklop toe

Ten spyte van die moeilike ekonomiese omstandighede en aanhoudende styging van die brandstofpryse, was daar vanjaar steeds sowat 70 000 mense wat vanoor die hele land op Potchefstroom toegesak het vir Suid-Afrika se gewildste fees.

Aardklop 2018 was ’n reuse sukses en met meer as 85 produksies, waarvan 30 debuutproduksies was, is dit geen verrassing dat die fees weer opgeleef het tot hul gunstelingfees nie.

Volgens ’n woordvoerder van Aardklop, Delmari van Zyl, was daar ongeveer 45 000 feesgangers op die feesterrein vanjaar en in geheel sowat 70 000 besoekers aan Aardklop.

Die 85 produksies wat Aardklop vanjaar gelewer het en die 50 kunstenaars wat by dié produksies betrokke was, sluit nie eers die visuele kunste, die boekgesprekke, diskoersgesprekke, die oop verhoog-optredes op die terrein of die stand-up komedie-optredes in nie.

“Ons lywe is moeg, maar ons harte is VOL! Aardklop 2018 was ’n reuse sukses en ons kan net met dankbaarheid terugkyk. Dít maak ’n jaar se harde werk die moeite werd. Dankie ook aan elke Potchefstromer. Dit is julle gasvryheid wat sorg dat mense jaar na jaar wil terugkom om die fees en sy mense te beleef,” sê Van Zyl.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button