NewsNewsSportSport

Jannie de Beer bied aan ‘Spel van die Lewe’-seminaar

Jannie de Beer, is ‘n bekende oud-Springbok losskakel wat dertien toetse vir die Bokke gespeel en altesaam 183 punte aangeteken het.

Jannie de Beer, is ‘n bekende oud-Springbok losskakel wat dertien toetse vir die Bokke gespeel en altesaam 183 punte aangeteken het.

Hy het veral bekendheid verwerf met sy wêreldrekord vyf stelskoppe in ‘n enkele wedstryd vir die Bokke teen Engeland tydens die Wêreldbeker in 1999.
Jannie is ‘n Christen-sportman wat graag getuig hoe sy geloof hom deur sy sportloopbaan en persoonlike lewe gedra het. Hy bied op 20 Oktober ‘n seminaar aan met die tema “Spel van die Lewe”.
Die seminaar gaan oor vyf belangrike beginsels wat hy oordra aan die hand van rugby wat so lank deel van sy lewe was.
Terwyl Jannie hierdie vyf beginsels oordra bring hy sy persoonlike getuienis ook in die prentjie. Mense kan vereenselwig met sy storie en terselfdertyd insig oor hul eie lewenstorie kry.
Jannie verduidelik die vyf beginsels in kort:
Afskop – “Net soos wat rugby begin met ‘n afskop, net so het ons almal iewers begin…goed of sleg….ons moes iewers begin. Ons agtergrond speel ‘n groot rol en bepaal soms hoe ons die lewe sien en beleef. Lynstaan – Die doel van die lynstaan is om besit te kry en dan ‘n aanval te loods.
Die duiwel se plan is om die bal wat jy moes wen te steel en sodoende steel hy ons drome en dit wat God bedoel het vir ons. Ek verduidelik hoe maklik die duiwel dit regkry en gee advies hoe om balbesit weer terug te kry. As ons nie sy strategie verstaan nie, gaan ons telkemale dieselfde paadjie loop. Dit lei tot baie frustrasie.
Skrum – Sodra die bal ingegooi word is daar druk van beide kante af? Dit is inderwaarheid ‘n bietjie van ‘n stoeisessie. In my eie lewe moes ek ook stoei met ‘n paar dinge. Ek het ‘n stukkende pa storie gehad. My pa was ‘n alkoholis. Op ‘n stadium het ek selfs ‘n interdik teen my pa gehad. Ek moes egter eers perspektief kry oor hoekom my pa so optree en Vader moes in my hart werk voordat die pad na herstel kon plaasvind. My skrumsessie was onvergewensgesindheid en bitterheid. Ek deel hierdie storie nie om my pa te ontbloot nie, maar dit is ook deel van ons getuienis vandag.
Beplan ‘n drie – Hoe lekker is dit tog as jy ‘n beweging uitvoer wat lei tot ‘n drie? Dit het alles te make met ‘n nuwe strategie. Ons kan nie in die verlede kamp nie. Ons moet almal aanbeweeg. Wenskop – Wat ‘n lekker gevoel om die wenskop of skepskop deur die pale te kan sit. Hier gebruik ek my pa se begrafnis van laasjaar om ‘n boodskap van hoop oor te dra “It is not how you start….it is how you finish”. My pa het meer vermag in sy laaste 13 lewensjare as in die vorige 54 jaar. Ons is almal geroep om ‘n Legacy te los. Ons is almal geroep om ‘n verskil te maak.

 

 
Om te bespreek vir hierdie besondere seminaar skakel Jannie by 082 552 2099 of jannie@mailsurf.co.za
Koste is R500 wat verversings en ‘n middagete insluit.

 

 

Related Articles

Back to top button