NewsNews

Astronomie-aand op Deelfontein – jy moet kom kyk!

Deur die groot 12” teleskoop kan goeie beelde verwag word.

Komende Saterdag, 13 Oktober, bied Frik le Roux weer ‘n sterrekyk-uitstappie by die
sterrewag op Deelfontein aan.

Om 7 uur begin die verrigtinge met ‘n aanbieding in die
seminaarkamer langs die sterrewag. Op die oomblik is ses planete sigbaar – Mercurius,
Venus, Jupiter, Saturnus, Mars en Uranus – ‘n rare opeenhoping! Deur die groot 12”
teleskoop kan goeie beelde verwag word, en onder andere kan nie net die fases van die
binneplanete nie, maar ook van Mars waargeneem word.

Die sekelmaan, wat drie dae na nuwemaan vroegaand sigbaar sal wees, sal ook baie mooi vertoon, met die kraters wat in die
skuins lig van die son lang skaduwees gooi. Besoekers kan gerus vêrkykers saambring, want
die groter konstellasies is daardeur beter sigbaar as in die sterk teleskope.
Die uitstappie kos R100 per persoon. Bring warm klere en skoene saam, al behoort die
nagtemperature in Oktober nie naastenby so laag te wees soos in die winter nie.
Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za beskikbaar. Meld asseblief per
epos aan by gerhard@deelfontein.co.za of per sms aan 083 280 9784.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button