NewsNews

Dogtertjie erg beseer in honde-aanval

Al die ander kinders kon betyds wegkom maar dié dogtertjie was te stadig

 

Facebook-leser Drienie Swart skryf:
Vanderbijlpark en die res van Suid-Afrika, bid asseblief saam! Mense, ek wil graag vra vir gebed vir die familie. Hulle bly in die omgewing van Stephensonstraat Spar. Kinders het voor in die erf gespeel en lekkergoed geëet. Twee honde wat in die strate geloop en in sakke gegrou het vir kos, het in die erf ingekom.
Al die ander kinders kon betyds wegkom maar dié dogtertjie was te stadig en die twee honde het haar gegryp en baie erg beseer.
Sy is na die Johan Heyns-kliniek toe gejaag waar die dokter gesê het sy moet onmiddellik by Vereeniging/Kopanong-hospitaal uitkom. Sy het ‘n gat in haar koppie waar die honde haar gebyt het en die dokter het haar toestand as uiters ernstig bestempel.
Asseblief mense, ons dien ‘n groot en almagtige God. Kan ons as Suid-Afrika saamstaan in gebed vir die familie en die kind dat sy sal bly leef!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button