NewsNews

Lucas Maree: Hy kon ‘n woordsosatie maak!

'n Ongelooflike musiekreis.

Vandag, 6 Okktober is die laaste musiekteater-vertoning van “Kiekies” – ‘n uitsonderlike vertolking deur Jannie du Toit en Thean Kotze van musieklegende, Lucas Maree se ongelooflike kreatiwiteit waarmee hy die Afrikaanse woord deur musiek laat leef het.

Die musiekteater-produksie, vorm  deel van vanjaar se Aardklop feesproduksies en is te siene by The Roots, Potchefstroom.

Die eerlike, gevoelvolle en dinamiese aanbieding van Lucas se liedjies deur hierdie twee ervare kunstenaars bied ‘n meesleurende blik op die lewe van ‘n vriend, kollega, kunstenaar maar ook gerespekteerde legende in Afrikaanse musiek. Sy vermoë om uit die alledaagse ‘n prent in note en liriek te skilder, word op besonderse wyse uitgebeeld.

Kaartjies vir vanmiddag 6 Oktober se vertoning om 14:30 kos R130 per persoon en is beskikbaar by Ticketpro.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button