NewsNews

Windbukskoeël tref babadogtertjie in stootwaentjie

Sy kon haar oog verloor het of selfs dood gewees het

“Ons sou graag die mense wou opspoor wat dit gedoen het. Hulle moet verantwoordelikheid aanvaar.”
“Al vra hulle net onverskoning. Sy kon haar oog verloor het of selfs dood gewees het.”
So sê Marlene Koch, ma van die 5 maande oue klein Amoré Koch wat Saterdagoggend in Allemanweg in haar stootwaentjie deur ‘n windbukskoeël in die gesig getref is.
Die koeël het gelukkig net die vel van haar wang binnegedring en moes by die Parys-hospitaal met ‘n verwyder word.
Die saak is deur haar ouers by die polisiestasie aangemeld.
Marlene vertel dat sy en haar man, Danie, en seuntjie Jeandré met Amoré in haar stootwaentjie op pad was na die hospitaal waar haar oudste dogter, Charmoné, die oggend ontslaan sou word.
Hulle het van Delverstraat af hospitaal toe gestap toe die voorval omstreeks 08:30 in Allemanweg naby ‘n oop stuk veld gebeur het.
Marlene vertel dat Amoré skielik begin skree het. Sy en Danie het eers gedink dat dit ‘n by was wat hul babadogtertjie gesteek het, totdat Danie die koeël in haar wang opgemerk het wat oënskyklik by ‘n 2cm opening tussen die stootwaentjie se dakkie en die onderste gedeelte van die stootwaentjie deurgetrek het. Die materiaal van die stootwaentjie is nie beskadig nie.
Amoré se boetie het so groot geskrik dat hy dadelik vooruit gehardloop het hospitaal toe om solank ‘n dokter te gaan soek, terwyl Danie met Amoré in sy arms hom gehaas het na die hospitaal.


Vir Marlene was dit ‘n nagmerrie naweek met eers Charmoné wat in die hospitaal beland het, toe Jeandré wat die oggend sy vinger in ‘n deur vasgeslaan het, en daarna die windbukskoeël wat Amoré getref het.
Marlene sê sy glo nie dat dit mense is wat wou duiwe skiet nie juis omdat daar so laag geskiet is.
Sy sê dat die wond op Amoré se wang mooi genees en daar reeds ‘n rofie is, maar dat Amoré knieserig is.
Enigeen met inligting oor die voorval word gevra om sonder versuim dit by die polisiestasie te gaan rapporteer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button