NewsNews

Museumgebou onder hande geneem

Museumgebou onder hande geneem

Die museumgebou het dringende instandhouding nodig. Met geen fondse wat beskikbaar is om instandhoudingswerk te doen nie, is daar ernstige kommer oor die verval van die gebou.
Vaal Glas & Alumi- nium het onlangs ingespring om die museum se gebreekte ruite te vervang, en vandeesweek het Jaco van Parys Nutsman, en sy span die museum se dak reggemaak en verfwerk aan die buitekant van die gebou gedoen.

Jaco van Parys Nutsman, en sy span wat die afgelope week gehelp het met herstel- en verfwerk by die Parys Museum.

Die geknakte hout stoeppaal wek egter groot kommer en moet baie dringend reggemaak word.


Nou is daar nog dringende herstelwerk nodig aan die hout stoeppaal wat geknak het, en die vrees laat dat die stoep se dak kan val. Nog ‘n groot behoefte is internet by die museumgebou wat onder die leiding van Iris Andrew uiteindelik weer op sekere tye oopgestel kon word vir die publiek.
Kan jy help? Skakel Iris Andrew by 083 650 8712.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button