Vrywilligers in samewerking met die Vaal Action Group en We Care, het verlede week die dooie karps uit die Rooidam in Derdelaan gehaal, en vullis hier verwyder.
Parys se leiwater word uit dié dam onttrek ,Die visse het waarskynlik gevrek nadat die rioollyn verstop het net bo die uitloop van die dam en die rioolwater gevolglik teruggeloop het in die dam.
Dit het ’n ongelooflike stank veroorsaak en het William Khomo, Sylvester Skosang en Moses Radebe van Esroti Park, Dirk en Mia Kotze en Rudi Donderdag al begin met die uithaal van die visse. We Care het daarna gehelp om vullis op te ruim nadat kalk deur die munisipaliteit daar gegooi is, maar die sakke net daar gelaat is.