NewsNews

Ontevrede werkers versper Koppies-grondpad

Wees versigtig - pad kan môre weer versper wees.

‘n Groep van sowat 50 werkers van die konstruksiemaatskappy Razmataz, het vanoggend (Woensdag 3 Oktober) die Parys/Koppies-grondpad met klippe en brandende bande versper. Die ongelukkigheid gaan na wat verneem is glo oor oortyd-betalings.

Die pad was van 06:30 tot 09:30 toe en daar word verwag dat die pad moontlik môre (Donderdag 4 Oktober) weer vir ‘n tyd nie toeganklik sal wees vir motoriste. Die maatskappy moet môre antwoorde vir die werkers gee.

Motoriste is gewaarsku om versigtig te wees en waar moontlik eerder van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Die polisie se Openbare Orde eenheid en Tumahole SAPD lede hou ‘n wakende oog.

Related Articles

Back to top button