NewsNews

Hy kan ’n drom slaan!

Hy kan ’n drom slaan!

Jadon Smit, ’n graad 6-leerling van Parys Primêr, het pas weggestap met ’n algeheel tweede plek in die dromme-kategorie vir 10-12 jariges by vanjaar se Kidswithtalent SA finaal.
Uitdunne vir die kompetisie is landwyd gehou. In Jadon se ouderdomskategorie was daar 300 inskrywings met verskeie instrumente. Slegs 55 het deurgedring na die finaal.
Elkeen van die beoordelaars is begaafde en groot name in die musiekindustrie wat self twee of meer instrumente bespeel.
Deelnemers is ’n punt uit 70 gegee vir die moeilikheidsgraad van die item, en hoe foutloos hul uitvoering gelewer is. Dan was daar ook ’n punt uit 30 waar onder meer gekyk is na verhoogpersoonlikheid en aanbieding. Jadon is passievol oor musiek en speel ook klavier, vertel sy ma, Annemarie. “Ons besef hy het die talent van die Here ontvang.”
Jadon glo dat jy musiek moet geniet en hard oefen, en dan word dit net lekkerder en lekkerder, gesels hy. Hy het met die finaal die gehoor gaande gehad met sy tweede item waar hy begin het met ’n kinderliedjie, en toe die musiek “gestop” het, waarna hy weggeval het met BonJocvi se “It’s my life”.
Jadon se pa, Johan, kom uit ’n baie musikale familie. Sy oom, Tommie Ferreira, is onder meer baie bekend as musiekonderwyser by Potchefstroom Gimnasium. Johan self het leer kitaar en dromme speel.
As klein seuntjie van skaars 3 jaar oud, het Jadon al getokkel op sy pa se dromstel. Toe hy 6 jaar oud was, het Johan verseker geweet, dat sy oudste deel in die musiektalent.
Jadon het blitsig verstaan wanneer Johan hom iets op die dromme sou wys, en spontaan gespeel.
Johan lei ook die musiek by die Every Nation Parys-gemeente en toe daar aanvanklik niemand was wat dromme kon speel nie, het die 9-jarige Jadon agter die dromme ingeskuif. Eers het hy net saam geoefen, en kort voor lank deel geword van die kerkorkes. Vir die talentvolle Jadon is dit niks vreemds om selfs liedere wat hy vir die eerste keer sou hoor ’n uur voor die kerk begin, met gemak te kan speel Hy word die afgelope twee jaar deur Berné van den Bergh by Gaudium Artes afgerig.

Related Articles

Back to top button