NewsNews

3 wenke oor hoe om boelies te hanteer

Gister (1 Oktober) was wêrelddag vir die voorkoming van boeliegedrag.

Gister (1 Oktober) was wêrelddag vir die voorkoming van boeliegedrag.

Dié dag word jaarliks op die eerste Maandag van Oktober gehou om bewusmaking oor die probleem van boeliegedrag te skep.

Die Herald het met Roevan de Beer, wat “Bullyproof” klasse in Bailliepark aanbied gesels oor hoe om boelies te hanteer.

Hy het drie wenke gegee.

  1. Staan jou man

Volgens De Beer, is dit belangrik om nie terug te staan vir ‘n boelie nie. Volgens hom verloor die boelie sy mag wanneer jy wys dat jy nie bang is vir hom nie.

“Dit is belangrik dat jy met selfvertroue vir die boelie sê dat jy nie hou wat hy/sy besig is om te doen nie.”

  1. Verdedig jouself as jy moet

Volgens hom moet die probleem eers sonder geweld opgelos probeer word.

“Kinders moet altyd eers met onderwysers of ouers probeer praat oor die boelie,” sê hy.

De Beer meen egter dat dit tog belangrik is dat ‘n kind homself/haarself kan verdedig indien dit nodig is. In sy “Bullyproof” klasse leer hy kinders basiese tegnieke om met minimum geweld hulself te verdedig en situasies te onlont.

Die tegnieke is gebasseer op verskeie greep-dissiplines soos Brasiliaanse Jiu Jitsu, Sambo en stoei.

  1. Positiewe lyftaal

Lyftaal is belangrik wanneer jy met ‘n boelie te doen het. Jou lyftaal wys dat jy nie gaan terugstaan of bang is vir die boelie nie. Volgens De Beer moet jy oogkontak maak, trots en regop staan met jou skouers terug. Dit wys dat jy selfvertroue het.

 

Related Articles

Back to top button