NewsNews

Voertuie deur Eco-park se heining – ses beseer

Voertuie deur Eco-park se heining – ses beseer


SASOLBURG. – Ses persone is vanoggend beseer in ‘n ongeluk op die R57.

Die ongeluk het vanoggend, 26 September ongeveer 06:30, langs die Bongani Mabaso EcoPark Nature Reserve gebeur. Volgens inligting was twee trokke en ‘n Fiat Punto betrokke.  ‘n Man wat ‘n Mitsubishi Fuso tipper gery het, het volgens inligting lae bloedsuiker gehad en het voor die Fiat ingery. Daarna het die Fiat en die ander trok van DJ Afvalpapier beheer verloor en deur die Ecopark se heining gebars. Die Mitsubishi Fuso tipper was nie erg beskadig nie en kon verder ry.
ER24 en Vaal Emergency Care het ses pasiënte op die toneel behandel en na hospitale geneem vir behandeling. Die ongeluk word deur die SAPD ondersoek.

FOTO: Johanna Strydom

FOTO: Johanna Strydom

FOTO: Johanna Strydom

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button