NewsNews

Alzheimer-dag: ‘n Dag om te onthou by Sally Martin Park

Uitreik na inwoners en familie op Internasionale ALzheimer Bewusmakings Dag

Vrydag 21 September was internasionale Alzheimer Bewusmakings Dag. ‘n Dag wat inwoners van Sally Martin Park sonder twyfel sal onthou.

‘n Dag waarop geen moeite ontsien is om inwoners en hul familie op die hande te dra met koek en tee waarmee hulle die dag bederf is. Van die tafelversierings, tot kolwyntjies en pers geverfde blombakke, balonne, personeel en omgeehande wat uitgereik het met ‘n boodskap van omgee in persskakerings oral sigbaar was.

Besondere dank aan Elize Kempen en haar helpers vir die pragtig versierde tafels, Sandra Wessels, maatskapliker werker vir haar oorspronklike toegewydheid, en Izak en Lynette Thiart wat inligtingsblaadjies beskikbaar gestel het.

Die foto’s gee ‘n kykie van omgee waarmee daar uitgereik is na inwones en hul families op internasionale Alzheimer Bewusmakings Dag.

Related Articles

Back to top button