NewsNews

Geliefde Vredefort boer, en vlieënier sterf na vliegongeluk

Vandag is John Jacobs se plek leeg op die plaas Langkuil in die Vredefort-distrik waar hy saam met sy broer, Hennie, geboer het. John (53)  en die vlieënier, Andrew Gooderham (24) van Somerset-Wes is vanoggend enkele ure na mekaar  in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg oorlede , na ‘n vliegongeluk gister by Bethlehem. Die  ongeluk …

Vandag is John Jacobs se plek leeg op die plaas Langkuil in die Vredefort-distrik waar hy saam met sy broer, Hennie, geboer het.
John (53)  en die vlieënier, Andrew Gooderham (24) van Somerset-Wes is vanoggend enkele ure na mekaar  in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg oorlede , na ‘n vliegongeluk gister by Bethlehem.
Die  ongeluk het Woensdagmiddag 19 September gebeur nadat die ligte vliegtuig waarmee hulle gevlieg het, op die vliegveld by Bethlehem  neergestort het, kort nadat dit opgestyg het. John en Andrew sou vir die maatskappy SiQ waarvoor hulle kontrakwerk gedoen het. ‘n opname gemaak het van die area waar koring geplant is in die Oos-Vrystaat,
Beide mans kon daarin slaag om uit die vliegtuig wrak te kom, maar het ernstige brandwonde opgedoen en is per helikopter na die Milpark hospitaal vervoer.
In die harte van hulle wat John liefgehad het, sal sy plek nooit leeg wees nie. Hy was ‘n man van karakter en integriteit. ‘n Mense mens wat altyd daar was vir ander – vriendelik en hulpvaardig. ‘n Groot gesinsman wie se eerste prioriteit altyd sy vrou en sy gesin was. ‘n Troue vriend en die beste pa vir sy kinders.
Ook Andrew se ma, Zelda Meintjes-Gooderham, het vanoggend op Facebook dankie gesê aan almal vir die ongelooflike liefde en ondersteuning die afgelope 24 uur.
John word oorleef deur sy vrou, Anri, seun Jackie, en dogters Tharien en Wilri, sy suster Renee, en broer Hennie.
* Ons innige medelye met die gesin en familie in hierdie hartseer tyd.

Related Articles

Back to top button