NewsNews

So word daar gemors!

Dorp so vervuil!

So lyk dit dikwels langs die rivieroewer by die Esplenade in die omgewing van die hangbrug. Een van die gewildste besoekpunte in Parys.

Vullis oral gestrooi. Selfs swartsakke vol vullis wat hier geplaas en dan deur rondloperhonde en verbygangers stukkend geskeur word. j

Vanoggend het een van die inwoners in die Esplenade iemand betaal om die vullis te verwyder en die rivieroewer skoon te maak. So betaal ander inwoners in die omgewing van die hangbrug ook om week na week naweekbesoekers en inwoners wat hier kom mors se vullis op te tel.

Maar dit is nie net hier waar rommelstrooiing hande uitruk nie. Jy sien dit oral langs die rivier, ook in Boomstraat, en Grewarlaan, in oop velde, op sypaadjies, voor besighede.

Een van die groot probleme is die gebrek aan asblikke langs die rivieroewer en ander strategiese punte in die dorp. Vroeër was daar asblikke maar hierin is daar vuur gemaak of is dit gevandaliseer en weggedra.

Parys is afhanklik van toerisme vir die dorp se ekonomiese oorlewing. En sonder dat die munisipaliteit sy kant begin bring om seker te maak die dorp is skoon, sal die probleem nie opgelos word nie. Maar selfs al sou die munisipaliteit sy kant bring, is inwoners se samewerking ook nodig. Dit wat jy neergooi, moet ander optel.

‘n Skoon dorp is ‘n munisipaliteit en elke inwoner se verantwoordelikheid.

Lees ook in more se Gazette oor die skoonmaakprojek wat die naweek in Parys geloods word.

Related Articles

Back to top button